Potchefstroom
Dienssentrum

Oor Ons

Wat by ons aangaan.

• Trimgim

Maandae en Donderdae

Kontak persoon: Toeks van Niekerk

Telefoon nommer: 082 577 7536

• Voëlkykklub

Vind een keer ‘n maand plaas op ‘n Woensdag.

Kontak persoon: Tanita Roode

Telefoon nommer: 018 293-0678

• Gratis oefeningsaktiwiteit

Vind op Vrydae by CX Fitness plaas slegs vir Dienssentrum lede

Kontak persoon: Tanita Roode

• Kunsklasse

Maandae

Kontak persoon: Antoientte Joseph

Telefoon nommer: 072 170 1295

• Brug

Dinsdae

Kontak persoon: Lori Wolmarans

Telefoon nommer: 082 411 1074

• Rummykub

Dinsdae

Kontak persoon: Joey De Jager

Telefoon nommer: 083 289 4325

• Mooirivier Sanggroep

Vrydae

Kontak persoon: Jordi Terblanche

Telefoon nommer: 082 788 5907

• Rolbal

Woensdae, Donderdae en Saterdae

Kontak persoon: Ella Landsberg

Telefoon nommer: 018 297 4486

• Maatskaplike werk

Advies aan bejaardes en naasbestaandes.

Voorsien in die maatskaplike, emosionele, psigiese en geestelike behoeftes van lede en naasbestaandes.

Voorbereiding op aftrede.

Terapeutiese groepwerk, bv. Verliesbegeleiding.

• Telefoonoproepdiens

Vir u gemoedsrus, registreer uself of u ouers vir ons telefoon oproepdiens.

Die persoon word daagliks (Maandag tot Sondag) tussen 07:00 en 08:00 geskakel om te verneem na sy/haar welstand.

• Gesondheid

Kliniekdienste:  Bloeddrukkontrole, bloedsuikertoetse, hemoglobien kontrole, wondsorg, ooruitspoeling, voetsorg, inspuitings, raad en algemene inligting.

Terapeutiese kliniek:  Infrarooi behandeling, APS behandeling, RIFE

Tuissorgdienste: Hierdie diens kan 24 uur verleen word.

Tuisverpleging:  Bedwasse, wondsorg, bloeddrukkontrole, bloedsuikertoetse, ooruitspoeling, voetsorg, inspuitings, raad Inligting en voorligting.

Ondersteuningsgroep:  Parkinsons

Mediese Hulpmiddels:  Groot verskeidenheid hulpmiddels te huur.

• Tuinhulp
Tuis- en tuinhulp beskikbaar aan kliënte om hul huise en tuine te help versorg.
• Vervoer
Vervoer van kliënte na die dokter, poskantoor, hospitaal, sakesentrum en dienste by die dienssentrum. Die dienssentrum beskik ook oor ‘n rolstoelbus waarmee kliënte gemaklik vervoer kan word na dokters, hospitale en winkelsentrums.
• Etes

Aanry-etes:  Vanaf Maandae tot Vrydae kan etes tuis vir u afgelewer word.

Dienssentrum:  Etes kan vanaf Maandae tot Vrydae in die eetsaal genuttig word.

Huis Eikelaan:  Etes is vanaf Maandae tot Sondae by Huis Eikelaan se eetsaal beskikbaar.

Sondagetes:  U is hartlik welkom om Sondae ‘n middagete by Huis Eikelaan te nuttig.

• Klubbyeenkomste
Onderwerpe wissel weekliks van geestelik, kultuur, sosiaal of verrykend. Die byeenkomste vind op Dinsdae om 10:00 plaas. Hou ons rondomtalie nuusbrief dop vir u gunsteling sprekers. Middagete word na die byeenkoms bedien. Bespreek voor 10:00 by die inligtingskantoor.
• Dag Uitstappies
Hou die rondomtalie nuusbrief dop vir lekker daguitstappies. Bespreking en deposito is noodsaaklik. Kontak Tanita Roode vir meer inligting by 018 293-0678.
• Vakansies
Hou die rondomtalie nuusbrief dop vir lekker vakansies. Bespreking en deposito is noodsaaklik. Kontak Tanita Roode vir meer inligting by 018 293-0678
• Sprankeltee
Saterdag 10 Maart 2018
Moenie hierdie onvergeetlike oggend saam met nagenoeg 850 dames misloop nie.
Kontak Sanet JV Rensburg 082 855 4506.
• Basaar
Dinsdag 13 Februarie 2018
Kom geniet die dag saam met vriende en familie by ons jaarlikse basaar.
Pannekoek, jaffels, poeding, burgers, koek en koffie, Ouma se spens, handwerktafel, wit olifante en vele meer.
• Basaar op wiele
Woensdag 14 Februarie 2018
Versoek gerus ‘n bestelvorm om heerlike vars basaarkos by u huis of werkplek te geniet.
Ons lewer tussen 10:00 en 13:00 u bestelling af. Bestel voor Dinsdag 14 Februarie 2017 om 15:00.
• Wynfees
Vrydag 20 Julie 2018
Wynkelders kom van heinde en verre om hierdie geleentheid moontlik te maak. Die aand hou ‘n wynproe, wynveiling, 4 gang maaltyd en dans in. Moet dit nie misloop nie. Kontak Cilia Du Plessis vir kaartjies of meer inligting by 082 922 8674
• Verf- en Boeresportdag
Saterdag 9 September 2017
Hierdie dag hou baie pret in vir jonk en oud. Kom maak jou merk deur ‘n muur te verf, speel ‘n spelejie, luister na die musiek van … en kry iets heerliks om te eet.
• FAK Sangfees
19 April 2018
'n Verskeidenheid top gehalte kore en sanggroepe van Potchefstroom kom bymekaar om jou met sang na 'n ander wêreld te neem. Kontak Tanita Roode vir meer inligting by 018 293-0678
• Spyseniering
Ons het verskeie lokale waar ons u funksie kan aanbied, van konferensies, troues, ooievaarstees, vergaderings, verjaarsdae of enige ander gesellighede. Ons vriendelike personeel staan gereed om ‘n standaard of spesiale spyskaart met u te bespreek. Die spyskaarte kan ook by enige plek in Potchefstroom van u keuse bedien of afgelwer word.Kontak Wiehann Greyling vir meer inligting by 018 293-0678

Die doel van die Dienssentrum

Om die nodige ondersteunende hulpdienste aan ouer persone te lewer. Om verrykende, sosiale en geestelik geleenthede te skep wat ouer persone in staat stel om so lank as moontlik selfstandig en aktief as volwaardige lede van die gemeenskap te kan funksioneer.

Ons Visie
Visie

Visie

Die dienssentrum se visie is om sodanige dienste te lewer ten einde afgetredenes in staat te stel om so lank as moontlik in die gemeenskap te kan bly funksioneer.

Ons Missie
Missie

Missie

1. Om die beste bejaardesorg dienste in Potchefstroom te lewer.
2. Om die mees koste effektiewe, kwaliteit dienste te lewer.
3. Om kliënte tevredenheid te waarborg.
4. Om dienste met deernis te lewer.

Ons Kernwaardes
Kernwaardes

Kernwaardes

• Fokus op kliënt se menswaardigheid.
• Lewer dienste met empatie.
• Funksioneer binne multidissiplinêre span.
• Monitor kliënte tevredenheid.
• Lewer dienste binne wetlike en etiese standaarde.
• Fokus op produktiwiteit en kreatiwiteit.
• Stel hoë standaarde deur voortgesette indiensopleiding.

Kontak Ons

Kontak ons vir enige navrae oor die dienssentrum en dienste wat ons aanbied.

Kontak Inligting

Video

Volg ons op YouTube