Jy is nou hier: Projekte
 

 

Basaar

 

Basaar op wiele

 

Lekwena Moonwalk

   
Dinsdag 12 Februarie 2019
Kom geniet die dag saam met vriende en familie by ons jaarlikse basaar. Pannekoek, jaffels, poeding, burgers, koek en koffie, Ouma se spens, handwerktafel, wit olifante en vele meer.
  Woensdag 13 Februarie 2019
Versoek gerus ‘n bestelvorm om heerlike vars basaarkos by u huis of werkplek te geniet. Ons lewer tussen 10:00 en 13:00 u bestelling af. Bestel voor Dinsdag 12 Februarie 2019 om 15:00
  Vrydag, 2 Maart 2018
Kom stap saam met vriende en gesin in die gewilde Lekwena Wildsreservaat in die lig van die volmaan. Kontak Cilia vir meer inligting: 082 922 8674.
         
Sprankeltee   Sangfees   Gholfdag
   
Saterdag 16 Maart 2019
Moenie hierdie onvergeetlike oggend saam met nagenoeg 850 dames misloop nie. Kaartjies is reeds by die dienssentrum beskikbaar @ R200 elk. Gaskunstenaar is Ricus Nel en gasspreker Myrtle Grobler. Tema van die oggend: word 'n kampioen en bly een. Kontak Sanet JV Rensburg 082 855 4506.
  Donderdag 18 April 2019
'n Verskeidenheid top gehalte kore en sanggroepe van Potchefstroom kom bymekaar om jou met sang na 'n ander wêreld te neem. Kontak Tanita Roode vir meer inligting by 018 293-0678
  Vrydag 17 Mei 2019
Shotgun om 10:00 by Potchefstroom Buiteklub. Baie verversings op die baan en ’n heerlike ete tydens prysuitdeling. 144 spelers en 19 putjieborge om die dag interessant te hou.
         
Wynfees   Verfdag   Snoek & Craft Bier Fees
   
Vrydag, 27 Julie 2018
Wynkelders kom van heinde en verre om hierdie geleentheid moontlik te maak. Die aand hou ‘n wynproe, wynveiling, 4 gang maaltyd en dans in. Moet dit nie misloop nie. Kontak Cilia Du Plessis vir kaartjies of meer inligting by 082 922 8674
  Dinsdag, 4 September 2018
Hierdie dag hou baie pret in vir jonk en oud. Kom maak jou merk deur ‘n muur te verf, speel ‘n spelejie, luister na heerlike musiek en kry iets heerliks om te eet.
  Vrydag, 26 Oktober 2018
Heerlike visvoorgereg, gebraaide snoek, Craft bier en baie lekker kuier. Kontak Cilia vir meer inligting by 082 922 8674
         
Spyseniering   Kersete    
     
Ons het verskeie lokale waar ons u funksie kan aanbied, van konferensies, troues, ooievaarstees, vergaderings, verjaarsdae of enige ander gesellighede. Ons vriendelike personeel staan gereed om ‘n standaard of spesiale spyskaart met u te bespreek. Die spyskaarte kan ook by enige plek in Potchefstroom van u keuse bedien of afgelewer word. Kontak Wiehann Greyling vir meer inligting by 018 293-0678   Woensdag, 28 November 2018
Hou hierdie spasie dop vir meer inligting
   

 

     
 

 

 

Tuisblad | Dienste | Visie & missie | Kontak ons | Personeel | Video | Donasies

     
This website is designed and maintained by Coenie Calitz - cjcalitz@gmail.com