De LAND 55+ ESTATE
Op 6 Augustus 2018 word die kontrak deur Potchefstroom Dienssentrum onderteken as amptelike diensverskaffer vir de Land 55+ Landgoed. Die amptelike inwyding van de Land was 11 April 2019. De Skuur Restaurant word vanaf 15 Maart 2019 bedryf en die eerste inwoners van de Opstal ondersteunende sorgt trek in op 30 Maart 2019. Die eerste inwoners in die Sorgsentrum word op 14 Mei 2019 opgeneem. Op 30 Junie 2025 was daar 190 inwoners in de Hoek; Uitspan; Weltevrede; de Landsorg en die Sorgsentrum. Honderd een en vyftig persone van die 190 het van die dienste wat die dienssentrum bied, gebruik gemaak.
Dienste beskikbaar by de Land:
- Gelisensieërde Restaurant – de Skuur;
- Tuin- en tuishulp dienste;
- Voetsorg;
- Professionele konsultasies per afspraak;
- Etes by de Skuur Restaurant;
- Wassery dienste – was en stryk van wasgoed;
- Vervoer na die sakesentrum, dokters of dienssentrum binne werksure;
- Kliniekdienste;
- Tuisverpleegdienste;
- Konsultasienommer na ure beskikbaar vir ongesteldheid;
- Verskeidenheid van sosialiseringsaktiwiteite
Pryse van dienste is by die ontvangs van de Land se diensblok beskikbaar.
WIE MAG VAN DIENSTE GEBRUIK MAAK?
Alle inwoners van de Land Landgoed, selfs die groter de Land, mag van die dienste gebruik maak.
Die inwoners van die 55+ behuising (de Hoek, Uitspan, Weltevrede en Welverdiend) wie se jaarlikse lidmaatskap van Potchefstroom Dienssentrum opbetaal is, kry korting op dienste pryse.
LIDMAATSKAP
Ledegeld aan die diensverskaffer (Potchefstroom Dienssentrum) is verpligtend vir die inwoners van de Hoek, Uitspan, Weltevrede en Welverdiend.
Jaarliks betaalbaar.
SOSIALISERING
Al die sosialiseringsaktiwiteite wat Potchefstroom Dienssentrum aanbied is beskikbaar vir die de Land Landgoed inwoners.
DE OPSTAL ONDERSTEUNENDESORG
na ‘n DQ-98 evaluering van ‘n verpleegkundige, sal ‘n verpligte maandelikse dienstepakket voorgestel word en addisionele dienste kan aangekoop word.
SORGSENTRUM
Die 4 kamers in die Sorgsentrum is deelkamers. Dit is nie ‘n versorgingseenheid nie, maar slegs ondersteunende sorgeenheid. Die diensmodel van die dienssentrum is egter om inwoners in die 55+ Landgoed vir so lank as moontlik met die nodige dienste in hul eie wooneenheid te versorg. Addisionele kostes om hier versorging te ontvang.
POTCHEFSTROOM DIENSSENTRUM
Potchefstroom Dienssentrum bestaan sedert 1983 as nie-winsgewende organisasie wat gemeenskapsgebasseerde dienste aan ouer persone van Potchefstroom lewer. Die dienssentrum voldoen aan alle vereistes van die Wet op Ouer Persone (Wet nr/ 13 van 2006) en is die diensverskaffer van de Land 55+ Landgoed vanaf 6 Augustus 2018.
SKAKEL & E-POS
De Skuur Restaurant / de Land Diensblok: Tel: 018 880 0451
WhatsApp no: 060 955 4035
E-pos: deskuur@dienssentrum.co.za
Mediese konsultasie na ure: 082 300 2450
