Wat is die kriteria om aan te sluit by die dienssentrum?

- Enige persoon bo 60 jaar kan onvoorwaardelik lidmaatskap ontvang.
- Persone tussen 55 – 59 jaar kan, indien hulle bevestig dat hulle afgetree is, kwalifiseer vir lidmaatskap.
- Persone tussen 55 – 59 jaar, wat nog in ‘n beroep staan, kan lidmaatskap ontvang teen dubbel die normale lidmaatskap-fooie.
- Jonger persone, met ‘n fisiese gestremdheid, kan aansoek doen vir spesiale lidmaatskap wat deur die direkteur goedgekeur sal word.
