Dienste WAT die dienssentrum LEWER
ETES
Middagetes:
- Aanry-etes word tuis afgelewer Maandae tot Vrydae.
- Week middagetes kan in die eetsaal van die dienssentrum, Huis Eikelaan of de Skuur Restaurant genuttig word.
- Sondagmiddae buffet etes by Huis Eikelaan en de Skuur Restaurant.
Alle etes moet die vorige dag of op die dag voor 08:30 bespreek word.
GESONDHEIDSDIENSTE
Kliniekdienste:
Bloeddrukkontrole, bloedsuikertoetse, hemoglobien kontrole, wondsorg, voetsorg, inspuitings, raad en voorligting.
Tuisverpleging:
Bedwasse, hulp met stort, wondsorg, bloeddrukkontrole, bloedsuikertoetse, voetsorg, inspuitings, raad, advies en voorligting.
Tuissorgdienste:
Persoonlike sorg kan deur ‘n versorger tuis van ‘n minimum van 8 ure tot 24 uur verleen word, mits daar ‘n versorger beskikbaar is. Die versorger kan help met stort, aantrek, ete vir die pasiënt voorberei en ander take soos op haar pligstaat en ooreengekom.
Mediese Hulpmiddels:
Groot verskeidenheid hulpmiddels te huur beskikbaar.
MAATSKAPLIKE WERK
- Advies aan ouer persone en hul familielede.
- Voorsien in die maatskaplike- en emosionele behoeftes van dienssentrum lede.
- Verskaf inligting en raad om aktief te kan aftree.
- Terapeutiese gevalle- en groepwerk.
ONDERSTEUNINGSGROEPE
- Parkinson’s
- Verliesbegeleiding
- Kinders in die buiteland
TELEFOON OPROEPDIENS
Lede kan vir die diens registreer en sal 7 dae ‘n week telefonies gekontak word om na hul welstand te verneem.
TUIS- EN TUINHULPDIENSTE
Tuis- en tuinhulpdienste beskikbaar aan kliënte om hul huise en tuine te help versorg, indien beskikbaar.
VERVOER
Vervoer van kliënte na die dokter, hospitaal, sakesentrum en vir dienste by die dienssentrum is beskikbaar Maandae tot Vrydae. Rolstoel gebonde kliënte kan met gemak vervoer word, aangesien die bus toegerus is met ‘n hidroliese hyser.
WIE VAN DIE DIENSTE EN AKTIWITEITE GEBRUIK MAG MAAK
Enige persoon mag van dienste en aktiwiteite gebruik maak.
Lede van die dienssentrum geniet korting op pryse vir dienste wat hulle gebruik.
IS DIENSTE GRATIS?
NEE. Daar is kostes verbonde aan alle dienste. Indien ‘n behoeftige persoon ‘n diens benodig maar dit nie kan bekostig nie, doen die Maatskaplike Werker ‘n finansiële assessering en maak ‘n aanbeveling vir die bestuur.
WAAR WORD TUISDIENSTE GELEWER?
In ‘n radius van 10 kilometer vanaf die dienssentrum.
