Fondswerwing
Projekte wat plaasgevind het was onder andere die basaar; gholfdag; wynfees; Bier Karnaval; Kry en Ry Basaar; gereelde pannekoekverkope; Lekwena Moonwalk en Markdae by de Land.
Deurlopende fondsinsamelingsprojekte
Spyseniering
Pannekoek by Pick ‘n Pay van der Hoffpark
Koop en Loop winkel
Vrywilligers
Vir hierdie verslagjaar was slegs 220 vrywilligers vir nagenoeg 5825 ure by die dienssentrum betrokke wat hul tyd, gawes en talente aan die dienssentrum beskikbaar gestel het. Vrywilligers se dienste stel die personeel van die dienssentrum in staat om soveel meer kwaliteitdienste te kan lewer.
Gemeenskapsprojekte
SASSA (South African Social Security Agency)
Sedert Mei 2011 stel die dienssentrum ’n lokaal gratis beskikbaar vir persone wat aansoek wil doen vir ’n ouderdomspensioen en navraag wil doen oor hernuwings.
Studente
Dieëtkunde studente en Verpleeg studente van die Noordwes-Universiteit het hul internskap, by die dienssentrum ondergaan.